‘n 2-jarige seuntjie is deur sy 6-jarige sussie gered ná hy Donderdagmiddag byna in ʼn swembad verdrink het.
Volgens Vanessa Jackson, van ER24, het die voorval in ʼn meenthuiskompleks in Pomona, in die ooste van Johannesburg, plaasgevind.
“Dit nog nie seker hoe die seuntjie in die swembad beland het nie, maar die sussie het hom uit die swembad gered na hy vir ʼn kort ruk onder die water was. Die vrou wat na die kinders omgesien het, het dadelik om hulp geroep en mond-tot-mond-asemhaling en hartmassering toegepas.”
Paramedici het op die toneel gekom en die seuntjie bygestaan. Hy het asem gehaal maar sy liggaam was uiters koud. Hulle het hom op die toneel gestabiliseer en na die Life Glynnwood-hospitaal geneem waar hy tans aansterk.
Voorwaar goeienuus.
Maar Pomona is nie in die ooste van JHB nie. Pomona is oos van Kempton Park wat ‘n volwaardige stad is. Dit is deel van die Ekurhuleni Metro. JHB is in die JHB metropool. Al die nuus mense maak hierdie fout.