Sussie en twee boeties brand dood

Argieffoto

ʼn Jong sussie en haar twee boeties is dood nadat ʼn brand Saterdagoggend in die vroeë oggendure by hul huis in Odendaalsrus ontstaan het.

Lt. kol. Thandi Mbambo, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê die brand het omstreeks 02:25 in hul hop-huis in K5 Kutlwanong uitgebreek.

“Die ma, Modiehi Motsolo, en haar vier kinders het geslaap toe die brand uitgebreek het. Die ma het een kamer met die drie kinders gedeel en haar oudste seun (19) het in ʼn ander kamer geslaap,” het Mbambo gesê.

Daar word vermoed dat ʼn kers in die ma se kamer omgeval en die brand begin het. Die oudste seun en die ma kon daarin slaag om van die vlammehel te ontsnap. Mamokete, Thabo en Tshepiso Motsolo het in die brand omgekom. Modiehi het ook brandwonde opgedoen en is in die Thusanong-hospitaal in Odendaalsrus opgeneem.

Die polisie ondersoek die voorval. Geen vuilspel word vermoed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.