Susters glo ure aangehou oor kougom

Twee susters is glo verlede week vir nagenoeg vier uur aangehou en later beboet deur Gautrein-veiligheidswagte omdat hulle kougom gekou het.

The Star berig dat Pontso Pakkies en Lebo Sibisi Vrydag kougom gekou het terwyl hulle vir ʼn trein gewag het. ʼn Veiligheidswag het hul glo genader en aangeraai om van die kougom ontslae te raak. Hulle het glo die kougom in ʼn papiertjie toegedraai en in hul sakke geplaas aangesien daar nie ʼn asblik naby was nie. ʼn Veiligheidswag het egter glo geweier dat die susters op die trein klim. Hulle is glo in ʼn klein kamertjie aangehou en mag glo ook nie badkamer toe gegaan of hul gesinne gekontak het nie. Die susters is glo vir nagenoeg vier uur lank aangehou voor hulle vrygelaat is nadat hulle ʼn R700 boete betaal het. Kelebogile Machaka, ʼn woordvoerder van Bombela, die konsor­tium wat die Gautrein bedryf, sê persone word nie toegelaat om op die treine te eet of drink nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.