Susters slaan man glo dood

Twee vroue is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man doodgeslaan het.

“Die man (40) het Sondagaand na sy vriendin se huis in Ncgobo gegaan, vermoedelik met haar gestry en haar toe aangerand,” sê luitenant-kolonel Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder. “Die vrou en haar suster het teruggeveg en die man geslaan met alles waarop hulle hul hande kon lê. Hulle het hom met ʼn stok bygekom, hom geskop en paraffien oor hom uitgegooi.”

Bure het die polisie gebel, maar die man was reeds dood toe die polisie op die toneel aankom.

Die susters, onderskeidelik 34 en 39 jaar oud, is kort na die voorval in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.