Swaar reën oor die naweek verwag

Swaar reën word dié naweek in ses provinsies verwag, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Vrydag gesê.

“Swaar reën word in KwaZulu-Natal, Gauteng, die oostelike deel van Noordwes, oostelike Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga verwag,” het Ezekiel Sebego, weervoorspeller, gesê. “Oorstromings word van Vrydagaand tot Sondag verwag. In Mpumalanga en Limpopo word verwag dat die swaar reën tot Maandag sal voortduur.

Ekurhuleni metro se ramp- en nooddienste het gesê hulle is reg om enige nooddienste te hanteer. “Ons verskeie spanne, insluitend die rampbestuursentrum, nooddienste en munisipale ingenieurs is op bystand om op lewensbedreigende en nie-lewensbedreigende situasies te reageer,” het Bafana Mazibuko, woordvoerder, gesê.

“Die swaar reën behoort ook Saterdag ‘n ernstige impak op die openingsdag van die Afcon-sokkertoernooi by die Nasionale Stadion in Johannesburg te hê,” het SA Weerdiens in ‘n verklaring gesê. “Buurlande soos Botswana, Zimbabwe, Swaziland en suidelik Mosambiek sal ook deur die weerstoestande geraak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.