Swaar reën verwag

Argieffoto

Argieffoto

Swaar reën word Maandag in Mpumalanga en gedeeltes van KwaZulu-Natal en die oostelike kusgedeeltes verwag, het WeatherSA gesê.

“Oorstromings kan in die laerliggende gedeeltes van die Oos-Kaap verwag word,” het Christina Thaele, weervoorspeller by WeatherSA, gesê.

Buiten die westelike gedeeltes van die Noord-Kaap en die westelike gedeeltes van die Wes-Kaap is die hele land oor die naweek deur reën geraak. “Ons verwag dat die toestande van Dinsdag af sal opklaar, maar verwag steeds reën in die sentrale en oostelike gedeeltes van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.”

Tot dusver is daar geen berigte ontvang van gebiede wat sleg getref is nie, buiten dat riviere in Gauteng vol is.

“ʼn 12-jarige seun het Saterdag in Tladi, Soweto, verdrink nadat hy in ʼn stroom beland het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn Aantal ongelukke het in Johannesburg voorgekom weens die swaar reën oor die naweek,” het hoofsup. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.