Swaar reën, vloede vir Wes-Kaap voorspel

Argieffoto.

Die Wes-Kaap kan nog meer nat en koue weersomstandighede verwag, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Woensdag gewaarsku.

“Swaar reënval word Donderdag verwag in plekke oor die Kaapse metropool, Overberg, suid-westelike dele van die Kaapse Wynlande en suidelike dele van die Weskus,” het Madintja Thema, ʼn weervoorspeller, gesê. “Vloede word in dieselfde gebiede verwag.”

Stormsterktewinde kan tussen Kaappunt en Kaap Agulhas verwag word.

Kaapstad se rampbestuureenheid het gesê hulle sal die situasie monitor, maar in die stadium is daar nie ʼn regte gevaar nie.

“Daar is tans geen gevaar of bedreiging nie, dit is net dat die watertafel versadig is, wat sake bemoeilik,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampsbestuureenheid, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.