Swaar straf vir Parys-plaasmoordenaars

Argieffoto.

Die twee mans wat Woensdag skuldig bevind is op die moorde van Ernest en Annetjie van Rooyen is Donderdag tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die rondgaande hof in Parys in die Vrystaat het Oupa Mokoena (47), en Ezekiele Mguni (30) skuldig bevind aan die moord op die egpaar, onderskeidelik 77 en 76 jaar oud, in die snoepwinkel van hul plaas Somerset vroeër vanjaar. Mokoena en Mguni is ʼn verdere 18 jaar tronkstraf gevonnis op roofverwante aanklagte.

Mokoena se vrou, Mmaditaba, is op die moord-aanklag teen haar vrygespreek.

Ernest is dood aan skok weens bloedverlies nadat hy met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Annetjie het versmoor, nadat sy vasgebind en in ʼn vrieskas ingeboender is terwyl sy nog gelewe het.

Lees ook:
Plaasmoord: Slagoffer het in vrieskas versmoor
Derde verdagte in hof vir Parys-plaasmoord
Derde verdagte vas vir Parys-moord
Van Rooyens se beweerde moordenaars borg geweier
Twee in hof oor Parys-vrieskasmoord
Parys-moord: Valke vang twee verdagtes
Nóg ʼn vrieskas-moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.