Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gesê hy verwag dat verkeer na verwagting net voor Kersfees baie swaar gaan wees op die hoofroetes wanneer mense hul vakansiebestemmings wil bereik.
“Geen groot ongelukke is nog teen Sondag aangemeld nie en die verkeersvolume is steeds normaal, maar vertragings word Maandag en Dinsdag verwag,” het Thato Mosane, woordvoerder vir die RTMC gesê.
Verkeer sal na verwagting volgende week Dinsdag net voor Nuwe Jaar weer swaar wees, en weer op 5 en 6 Januarie, wanneer mense van hul vakansie af terugkeer huis toe.
Mosena sê meer as 2 000 voertuie per uur word tydens die spitstye verwag.
Die N1 Noord tussen Pretoria, Polokwane en Beitbrug-grenspos, en die N2 tussen Somerset-Wes en Kaapstad sal na verwagting besig wees. Daar word ook swaar verkeer verwag op die N3 tussen Durban en Johannesburg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Nou wonder ek wat hulle beskou as ‘n “Groot Ongeluk” nadat hulle oor die naweek alreeds bekend gemaak het dat daar reeds oor die 600 mense sedert die begin van die fees seisoen dood is op die land se paaie. Van die fotos en beskrywings van ongelukke hier op Maroela lyk en klink alreeds vir my erg en ernstig. Ek se weer, ek wonder dan wat beskou die RTMC as ‘n groot ongeluk?
Ek stem saam “Eksenet”: goeie en waar opmerking.