Swaar verkeer verwag

Argieffoto

Argieffoto

Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gesê hy verwag dat verkeer na verwagting net voor Kersfees baie swaar gaan wees op die hoofroetes wanneer mense hul vakansiebestemmings wil bereik.

“Geen groot ongelukke is nog teen Sondag aangemeld nie en die verkeersvolume is steeds normaal, maar vertragings word Maandag en Dinsdag verwag,” het Thato Mosane, woordvoerder vir die RTMC gesê.

Verkeer sal na verwagting volgende week Dinsdag net voor Nuwe Jaar weer swaar wees, en weer op 5 en 6 Januarie, wanneer mense van hul vakansie af terugkeer huis toe.

Mosena sê meer as 2 000 voertuie per uur word tydens die spitstye verwag.

Die N1 Noord tussen Pretoria, Polokwane en Beitbrug-grenspos, en die N2 tussen Somerset-Wes en Kaapstad sal na verwagting besig wees. Daar word ook swaar verkeer verwag op die N3 tussen Durban en Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eksenet ·

Nou wonder ek wat hulle beskou as ‘n “Groot Ongeluk” nadat hulle oor die naweek alreeds bekend gemaak het dat daar reeds oor die 600 mense sedert die begin van die fees seisoen dood is op die land se paaie. Van die fotos en beskrywings van ongelukke hier op Maroela lyk en klink alreeds vir my erg en ernstig. Ek se weer, ek wonder dan wat beskou die RTMC as ‘n groot ongeluk?

Ria Maritz ·

Stem met beide jou en eGAPSA saam, wonder net, is daar iets soos ‘n ongeluk, is enige ongeluk nie maar ‘n fout aan die mens se kant nie ? Soos onbedagsaamheid, gebrek aan geduld, geen self-dissipline nie en die byhou by padreels, ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.