Swak rand knou brandstofprys

Hoewel die rand se wisselkoers en internasionale petroleumprodukpryse aan die begin van Mei op die vooruitsig van ʼn verdere beduidende daling in die plaaslike brandstofpryse op 5 Junie gedui het, het die afgelope week se verwikkelinge ʼn stokkie daarvoor gesteek.

“Die rand se wisselkoers teenoor die dollar het beduidend verswak, en internasionale petroleumprodukpryse het ook tot ʼn groot mate herstel van die daling wat in April plaasgevind het,” het Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Hy voorspel indien die huidige tendense voortduur, sal die basiese pryse van petrol en diesel bykans onverander bly in Junie, met stygings van enkele sente ʼn sterk moontlikheid.

“Soos die geval in die afgelope paar maande egter was, kan die leiheffing van 15,36c wat tans gehef word, moontlik verder verlaag word, wat petrol- en dieselpryse wel met ʼn paar sent kan laat daal,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.