Swanger vrou deur motor getref

Foto: ER24

ʼn 25-jarige swanger vrou is Maandagoggend deur ʼn motor omgery op William Nicol rylaan in Bryanston in Johannesburg.

Die vrou wat vyf maande swanger is, het ernstige beserings opgedoen. Sy is per helikopter na die Charlotte Maxeke hospitaal geneem vir verdere behandeling. Dit is nie duidelik of die ongebore baba in die ongeluk beseer is nie. Die bestuurder van die voertuig is nie beseer nie maar is deur paramedici vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.