Swanger vrou dood, kind vermis ná krokodil-aanval

Argieffoto

ʼn Swanger vrou van Indonesië is dood en haar driejarige seun word vermis nadat ʼn krokodil hulle glo in die oostelike gebied van die land aangeval het.

ʼn Distriksamptenaar het Woensdag gesê die vrou en haar seun het glo Maandag die Waimea-rivier in Lebata op ʼn houtbruggie oorgesteek, toe die krokodil hulle aangeval en in die rivier ingetrek het. “Die krokodil het Dinsdag die vrou se liggaam na die oppervlakte gebring, maar die seun word steeds vermis,” het die amptenaar gesê.

Volgens die amptenaar was daar was ten minste vyf noodlottige krokodil-aanvalle in die gebied oor die afgelope paar jaar. “ʼn Krokodil het in April ʼn bejaarde vrou gegryp en haar geëet.”

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.