Swanger vrou en dogter brand in Kaapstad dood

Argieffoto

Magdalena Cloete (41), ʼn swanger vrou van Kaapstad, en haar tweejarige dogtertjie is Sondag dood nadat hul huis in die vroeë oggendure tot die grond toe afgebrand het.

Wilfred Solomons-Johannes, die woordvoerder van Kaapstad se rampbestuureenheid, sê die brand het omstreeks 04:15 in Frederickstraat in die suide van Kaapstad, uitgebreek.

“Die brandweer was omstreeks 04:30 op die toneel. Drie plakkershuise was aan die brand. Twintig minute na hul aankoms het die brandweer Cloete en haar dogter, Tallulah, se verkoolde liggame in die puin gevind,” het Solomons-Johannes gesê.

Cloete se ander kind was die naweek saam met haar ouma uitstedig. Die brand het glo ontstaan nadat ʼn kers glo omgeval het.

ʼn 30-jarige man het ligte brandwonde opgedoen en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Solomons-Johannes was al die brande teen 05:30 geblus. Tien mense dakloos gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.