Swanger vrou kry hofbevel teen pa van ongebore kind

‘n Swanger vrou het haar tot die Pretoria hooggeregshof gewend om te verseker dat die pa van haar ongebore baba nie sal drink, rook of vloek in die teenwoordigheid van die baba nie.

Die Pretoria News berig die vrou is 19 haar oud, ongetroud en ʼn student van Noordwes. Die vrou voer in hofstukke aan dat sy en die pa van die ongebore baba besluit het om ʼn skikkingsooreenkoms aan te gaan rakende hulle verantwoordelikhede ten einde toekomstige litigasie te vermy. Regter Tatu Makgoka het die lang lys van verantwoordelikhede as ʼn hofbevel bekragtig. Volgens die hofbevel moet die pa alle uitgawes vir die ongebore baba betaal. Hy moet onder meer R3 000 per maand betaal vir die voornemende ma se voorgeboorte konsultasies sowel as vooruitbetalings vir haar besoeke aan die ginekoloog. Hy moet ook onmiddellik begin om R1 500 per maand te betaal vir klere en ander benodighede vir die baba. Die vrou bly saam met die man by sy ma. Volgens die hofbevel moet die voornemende pa binne 48uur vir haar ander akkommodasie kry indien sy besluit om nie langer by hom te bly nie. Indien dit gebeur sal die voornemende pa ook net gedeeltelike toesig oor die kind hê en sal hy die kind slegs vir drie ure op ʼn Saterdag en drie ure op ʼn Sondag mag sien. Wanner hy die kind sien mag hy egter nie onder die invloed van alkohol wees, rook of vloek naby die kind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.