ʼn Swanger vrou is in Auckland, Nieu-Seeland, op ʼn voetpaadjie deur twee gewapende mans beroof, berig TVNZ.
Die slagoffer, in haar 30s, het Dinsdagoggend omstreeks 10:45 na die Upper Nihotupo-reservoir in Waitakere-valle gestap toe twee mans haar oorval en met ʼn mes gedreig het. Sy was ongeveer vyf minute weg van die parkeergebied in Pihaweg.
TVNZ berig die man met die mes het geld geëis, maar die vrou, wat vyf maande swanger is, het geen kontant by haar gehad nie en die twee verdagtes is daar weg met ʼn halssnoer, ringe, armband en ʼn horlosie.
Die slagoffer het na die parkeergebied gehardloop en kon hulp ontbied.
Die polisiehelikopter, honde-eenheid en grondpatrollie kon nie die mans opspoor nie.
Die vrou of baba is nie beseer in die voorval nie.
Polisiehelikopter, honde eenheid en grondpatrollie ! WOW ! In SA moet jy bly wees as ‘n polisieman bereid is om jou verklaring af te neem – wat nog verder ondersoek instel. Wys net hoe min “crime” is in NZ dat so geval wereldsnuus is
Ek stem Lanie!