Swanger vrou se liggaam op sportveld gekry

ʼn Vrou wat vermoedelik swanger was se liggaam is op ʼn sportveld in Bonteheuwel in Kaapstad gekry.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk sê verbygangers het die liggaam van Yumna Erasmus (26) Vrydagoggend 7:00 gevind waarna die polisie verwittig is. Haar liggaam het verskeie steekwonde gehad wat met ʼn skerp voorwerp toegedien is. Van Wyk sê dit blyk of Erasmus swanger was toe sy vermoor is maar dat dit vasgestel sal word tydens ʼn nadoodse ondersoek. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Van Wyk sê ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Intussen berig die Daily Voice dat Erasmus se ongebore baba uit haar baarmoeder gesny is en ook op die toneel gevind is. Sy is glo ook verkrag. Volgens die koerant laat Erasmus twee kinders agter.

• Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Kevin Willis, by die Bishop Lavis polisiekantoor te skakel by 021 935 9824

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

David Zacharias van Zyl ·

As jy dit nie klaar weet nie, kan ek dit nie vir jou se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.