Swanger vrou, seun beseer na Leeukop-val

Foto: ER24

ʼn Vrou wat sewe maande swanger is en ʼn 10-jarige seun is beseer nadat hulle geval het op Leeukop in Kaapstad.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die 10-jarige seun het glo by een van die gebiede waar stappers teen kettings moet vashou gegly en op die swanger vrou geval wat onder hom was. Die seun het vermoedelik sy arm en been gebreek. Die swanger vrou is vir rugbeserings behandel voor ʼn helikopter gebruik is om albei van die berg te lug na waar die ambulanse op hulle gewag het. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Dit is die soveelste voorval op Leeukop vanjaar. Ibrahim Salie (47) is in Januarie vanjaar dood nadat hy teen Leeukop gestap, gegly en hom doodgeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.