Swanger vrou sterf in Durban-ongeluk

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x212 (1)‘n 35-jarige swanger vrou is Dinsdag dood nadat haar voertuig op die N2-snelweg noord van Durban omgeslaan het.

“Die vrou se Hyundai i20 het naby die M19 in die rigting van Durban gerol en sy is uit die voertuig geslinger,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Die vrou het kritieke beserings opgedoen en sy en haar ongebore baba het nie die ongeluk oorleef nie.”

Dit is nie duidelik hoe ver swanger die vrou was nie. Sy was alleen in die voertuig.

Plaaslike owerhede sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.