Swanger vrou sterf in botsing

Drie mense, waaronder ʼn swanger vrou, is Sondag dood en agt mense is beseer na ʼn botsing tussen motor en ʼn taxi op die N7 by die Melkbosstrand-kruising naby Kaapstad.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die taxi het verskeie kere gerol en van die passasiers is uit die wrak geslinger. Twee van die passasiers is op die toneel dood verklaar. ʼn Derde passasier was in ʼn kritieke toestand en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer maar het oomblikke later in die hospitaal gesterf. Die bestuurder van die ander voertuig is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Twee mense is kritiek beseer en ses ander het ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.