ʼn Swanger vrou wat in ʼn motorongeluk dood is se agt maande oue baba is kort hierna lewend gebore.
LookLocal berig dat die swanger vrou (24) en haar vriend (27) se motor Vrydagoggend in Polokwane deur ʼn trein getref is. Die trein het die motor glo van agter getref en ʼn paar meter ver gesleep voor dit van die spoor af is en in bosse beland het. Die swanger vrou is op die toneel dood verklaar nadat sy vermoedelik haar nek gebreek het. Die 27-jarige man is vir kopbeserings behandel. Paramedici op die toneel het besef die vrou is swanger en het haar liggaam na die Pietersburg-hospitaal vervoer waar ‘n noodkeiser gedoen is. Die dogtertjie het kort hierna self begin asemhaal en is na die Mankweng-hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Lesiba Ramoshaba, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 27-jarige bestuurder van die motor word van strafbare manslag aangekla. Die oorsaak van die botsing word ondersoek.
wow!!! hul moet die kind mooi oppas, sy is baie spesiaal, JESUS het n plan met haar,.