Swanger vrou sterf in ongeluk, baba lewend gebore

Die agt maande oue baba wat met 'n noodkeiser in die lewe gebring is na haar ma in 'n ongeluk dood is. Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Swanger vrou wat in ʼn motorongeluk dood is se agt maande oue baba is kort hierna lewend gebore.

LookLocal berig dat die swanger vrou (24) en haar vriend (27) se motor Vrydagoggend in Polokwane deur ʼn trein getref is. Die trein het die motor glo van agter getref en ʼn paar meter ver gesleep voor dit van die spoor af is en in bosse beland het. Die swanger vrou is op die toneel dood verklaar nadat sy vermoedelik haar nek gebreek het. Die 27-jarige man is vir kopbeserings behandel. Paramedici op die toneel het besef die vrou is swanger en het haar liggaam na die Pietersburg-hospitaal vervoer waar ‘n noodkeiser gedoen is. Die dogtertjie het kort hierna self begin asemhaal en is na die Mankweng-hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Lesiba Ramoshaba, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 27-jarige bestuurder van die motor word van strafbare manslag aangekla. Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Die ongeluk waarin die swanger vrou gesterf het. Foto: www.looklocal.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kobus pretorius ·

wow!!! hul moet die kind mooi oppas, sy is baie spesiaal, JESUS het n plan met haar,.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.