ʼn Swanger vrou is dood nadat sy in Brooklyn, New York deur ʼn sneeuploeg omgery is.
Min Lin (36) was besig om kruideniersware in haar motor te laai toe sy deur die sneeuploeg getref is. Sy is in ʼn kritieke toestand na die Maimonides-mediese sentrum vervoer waar sy kort na haar aankoms dood verklaar is. Dokters kon egter daarin slaag om haar ongebore baba met ʼn keisersnee in die wêreld te bring. Volgens dokters was die baba amper voltermyn. Volgens ‘n woordvoerder by die hospitaal is die baba steeds in ʼn kritieke toestand.
Die bestuurder van die sneeuploeg is intussen beboet aangesien die ploeg se hoofligte nie gewerk het nie. Daar is nog nie kriminele klagte teen hom aanhangig gemaak nie.
Dit is tragies. Die arme vrou en en haar familie. Ek bid dat die baba dit sal maak.
Wens die familie sterkte toe met hul verlies.
Liewe genade!!! Dis tragies. :-(