Swanger vrou sterf na sneeuploeg-ongeluk; baba kritiek

bobcat-plowʼn Swanger vrou is dood nadat sy in Brooklyn, New York deur ʼn sneeuploeg omgery is.

Min Lin (36) was besig om kruideniersware in haar motor te laai toe sy deur die sneeuploeg getref is. Sy is in ʼn kritieke toestand na die Maimonides-mediese sentrum vervoer waar sy kort na haar aankoms dood verklaar is. Dokters kon egter daarin slaag om haar ongebore baba met ʼn keisersnee in die wêreld te bring. Volgens dokters was die baba amper voltermyn. Volgens ‘n woordvoerder by die hospitaal is die baba steeds in ʼn kritieke toestand.

Die bestuurder van die sneeuploeg is intussen beboet aangesien die ploeg se hoofligte nie gewerk het nie. Daar is nog nie kriminele klagte teen hom aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Dit is tragies. Die arme vrou en en haar familie. Ek bid dat die baba dit sal maak.

Wens die familie sterkte toe met hul verlies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.