Swanger vrou vermis na rivier haar gryp

Argieffoto

ʼn Swanger vrou is steeds soek nadat sy Vrydag deur ‘n sterk rivierstroom meegesleur is naby Piketberg in die Wes-Kaap.

Billy Claasen, ʼn gemeenskapsleier, het aan die Weekend Argus gesê ʼn vrou en haar 24-jarige dogter is meegesleur terwyl hulle ʼn brug op die plaas Soetdraai probeer oorsteek het. Die ma kon glo daarin slaag om haarself uit die water te kry maar haar dogter, wat glo vier maande swanger is, is meegesleur. Claasen sê die polisie se reddings- en duikeenheid was op die toneel. Die soektog na die vrou is Saterdag voortgesit. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan die koerant bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.