Die swart middelklasgroep het van 350 000 individue in 1993 tot byna drie miljoen verlede jaar gestyg, aldus ʼn studie deur die Universiteit van Stellenbosch.
“Terwyl daar beslis ruimte vir verbetering is, dui inligting oor die inkomste en eienskappe van Suid-Afrikaanse huishoudings daarop dat ons vordering maak,” het prof. Hennie Kotze, navorser by die Sentrum vir Internasionale en Vergelykende Politiek aan die universiteit, aan The Star gesê.
Die studie is oor twee jaar deur navorsers van die universiteit gedoen om Suid-Afrika se huidige sosio-ekonomiese klimaat te bestudeer.
Dit het gewys dat die swart middelklas vinnig gegroei het en dat rasse-ongelykheid dramaties afgeneem het.
– SAPA
Ek sou graag wou sien hoe dit vergelyk met die ander bevolkingsgroepe; hoe het blankes, kleurlinge en indiërs in die middelklas se syfers geval of gestyg?
En die wit middelklas?