Swart middelkasgroep groei drasties – studie

statsDie swart middelklasgroep het van 350 000 individue in 1993 tot byna drie miljoen verlede jaar gestyg, aldus ʼn studie deur die Universiteit van Stellenbosch.

“Terwyl daar beslis ruimte vir verbetering is, dui inligting oor die inkomste en eienskappe van Suid-Afrikaanse huishoudings daarop dat ons vordering maak,” het prof. Hennie Kotze, navorser by die Sentrum vir Internasionale en Vergelykende Politiek aan die universiteit, aan The Star gesê.

Die studie is oor twee jaar deur navorsers van die universiteit gedoen om Suid-Afrika se huidige sosio-ekonomiese klimaat te bestudeer.

Dit het gewys dat die swart middelklas vinnig gegroei het en dat rasse-ongelykheid dramaties afgeneem het.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hein Hildebrand ·

Ek sou graag wou sien hoe dit vergelyk met die ander bevolkingsgroepe; hoe het blankes, kleurlinge en indiërs in die middelklas se syfers geval of gestyg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.