Die goedbewaarde brons-hef van ‘n swaard is gevind en kon moontlik die swaard van die berugte seerower Edward Teach, beter bekend as Blackbeard (Swartbaard), gewees het.
Swartbaard se skip, die Queen Anne’s Revenge, het in 1708 aan die kus van Noord-Carolina gesink. Argeoloë wat in onderwaterargeologie spesialiseer, is besig om allerlei items van die wrak te berg, onder meer kanonne.
Swartbaard was aanvanklik in diens van koningin Anne, met die taak om Spaanse vaartuie te onderskep. Ná die Spaanse oorlog het hy egter voorgegaan om ‘n bestaan as seerower te maak, en ook Engelse skepe het deurgeloop.
Die herwonne gedeelte van die hef is ‘n afbeelding van ‘n vrou, vermoedelik juis koningin Anne.
Die argeoloë kan nie met sekerheid sê dat dié besondere swaard aan die seerowerkaptein self, of een van sy senior bemanning behoort het nie, maar sluit die moontlikheid nie uit nie.