Swartmense is “baie kwaad” vir die ANC

Mosiuoa Lekota. Foto: Werner Beukes/SAPA

Swart gemeenskappe in Suid-Afrika is “baie kwaad” vir die ANC, het Mosiuoa Lekota, leier van cope, Saterdag gesê.

Lekota het tydens ʼn konferensie in Kaapstad, wat deur die FW de Klerk Stigting gereël is, ʼn beroep gedoen op opposisiepartye se kiesers om hul kruisies te maak tydens volgende jaar se verkiesing en sodoende die regerende party uit die kussings te lig. Lekota sê die ANC het tydens die vorige verkiesing 62% van die stemme op hom gefokus terwyl opposisiepartye 38% van die stemme gekry het. “So ons kort nog 12% om die ANC af te bring na 50%.” Lekota sê dit lê in die hande van die sewe miljoen geregistreerde kiesers wat nie hulle kruisies gemaak het nie, die meerderheid van hulle was swart Suid-Afrikaners. “Hulle moes gesien het dat daar iets ernstig fout is met die regerende party.” Oor die afgelope vier jaar sedert die vorige verkiesing “het die regerende party soveel flaters begaan, soveel ernstige flaters begaan…dat die 62% nie meer 62% is nie.” Hy sê opposisiepartye “werk aan ʼn koalisie van kiesers” met die oog op volgende jaar se verkiesing. Lekota sê opposisiepartye beplan vanjaar ʼn verskillende reaksie op president Jacob Zuma se staatsrede, wat hy later die maand sal lewer. “Wanneer ons [opposisiepartye] na die staatsrede gaan moet ons iets doen. Ons sal ons besluit [oor hoe om te reageer] tydens ʼn vergadering op 12 Februarie afhandel…Dit kan nie die gewone staatsrede wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Dit is hoogtyd dat daar saamgestaan word….hierdie land is vinnig oppad om n 2de Zim te word! Red wat daar nou nog te redde is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.