Swartrenoster-jagpermit op ‘n veiling verkoop

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

ʼn Permit om ʼn bedreigde swartrenoster in Namibië te skiet, is Saterdag op ʼn veiling in Dallas, Amerika, verkoop.

Die permit is vir $350 000 (sowat R3.7 miljoen) verkoop en die opbrengs sal glo aangewend word vir bewaringspogings.

Steve Wagner, ʼn woordvoerder vir die Dallas Safari Club, wat die veiling aangebied het, het die transaksie bevestig, maar wou nie die koper se naam bekend maak nie.

Ben Carter, uitvoerende direkteur van die jagklub, het die veiling verdedig. Hy sê die opbrengs sal aangewend word vir die bewaring van swartrenosters. Hy sê die renoster wat geskiet gaan word sal ʼn ou bul wees wat nie meer kan aanteel nie. “Die dier sal waarskynlik van kant gemaak word, aangesien hy aggressief raak en ander wild bedreig,” het Carter gesê.

Die veiling het egter wyd kritiek uitgelok, insluitend groepe wat hulself beywer vir die regte van wilde diere en die natuur.

Die FBI het vroeër vandeesweek gesê hy ondersoek doodsdreigemente wat lede van die jagklub ontvang het.

Daar is minder as 5 000 swartrenosters oor ná ongeveer 70 000 in die 1960s. Sowat 1 800 renosters kan in Namibië aangetref word.

Namibië reik jaarliks vyf soortgelyke permitte uit. -SAPA

Lees ook:
Namibië verdedig renosterjag-permit
Doodsdreigemente vir klub wat renosterjag-permit wil verkoop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gunter ·

Daar is niks fout om wettige permitte aan buitelanders te verkoop nie – veral as die opbrengs aangewend word vir die bewaring van wild.
Kyk ‘n bietjie na ander lande wat wettige jag heeltemal afgeskaf het. Dit lei tot negatiewe gevolge, omdat daar nie meer fondse of die navraag is om wild op plase aan te teel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.