Swaziland ontken miniromp-verbod

Swaziland verbied nie minirompe nie, het dié land se regering Donderdag gesê.

“Die regering het nie vergader of enige standpunt ingeneem dat enigiemand vir die dra van ‘n miniromp in hegtenis geneem sal word nie,” het Percy Simelane, woordvoerder van die regering, gesê. Hy sê artikel 28 (1, 2 en 3) van die Nasionale Grondwet van die Koninkryk van Swaziland (2005) beskerm die vryheid en regte van vroue in die land sodat geen gebruik op hulle afgedwing kan word indien hulle in beginsel nie daarmee saamstem nie. “Die proses om alle wette te hersien wat teenstrydig is met die grondwet, duur voort,” het Simelane bygevoeg.

Die Swaziland-media het Maandag berig dat die polisie vroue verbied om minirompe en hemde wat hul mae ontbloot, te dra, aangesien dit glo verkragting uitlok. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.