Sweedse koning boos oor naakskildery

Die skildery wat die Sweedse koningshuis ontstel het nadat onlangs in 'n tydskrif gepubliseer is.Die Sweedse koningshuis is ontstoke oor die publikasie van ‘n skildery in ‘n tydskrif wat uitbeeld hoe die koning pizza van ‘n naakte vrou se lyf af eet. Die naakte vrou is die popsangeres, Camilla Henemark, met wie koning Karel Gustaaf in die 90s ‘n verhouding gehad het.

Die skildery, wat aan Rembrandt se “Die anatomieles” herinner, is deur die skilder Elisabeth Ohlson Wallin geskilder. Op die skildery word ook uitgebeeld hoe die koninging in hakkekruis op die vloer opruim.

Verskeie Europese koningshuise beleef nou moeilike tye. Die buite-egtelike eskapades van die Spaanse koning het ook op die lappe gekom, terwyl die Britse koningshuis eers geruk is deur ‘n Franse tydskrif wat bostuklose foto’s van Kate Middleton geplaas het, en dit later deur ‘n Deense tydskrif opgevolg is met foto’s waar die onderstuk ook makeer het.

Prins William se jonger broer, Harry, het ook onlangs ruim publisiteit gekry oor sy naakte rinkink met ewe naakte meisies in ‘n hotelkamer in Las Vegas, Amerika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.