Swembad-baba is ontslaan

Altus Olivier Foto: Facebook

Die eenjarige Altus Olivier van Brakpan aan die Oos-Rand wat byna verdrink het nadat hy in ʼn swembad geval het, is Vrydag ontslaan.

“Die dokters sê alles lyk normaal. Hulle wil net nog ʼn paar toetse doen voordat hulle hom ontslaan,” het Chené Olivier, Altus se ma, Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig.

“Die ongeluk het Dinsdag gebeur toe Altus se niggie, Cassandra Olivier, gou kamer toe gegaan het om wasgoed te gaan haal. Sy het iets in die swembad hoor val en haar dadelik soontoe gehaas. Jaco van der Westhuizen, Cassandra se vriend, het in die swembad gespring en Altus uitgehaal. Altus se tannie, Thoedine Olivier, het dadelik noodhulpbehandeling toegepas terwyl hulle die ambulans ontbied het,” het Chené gesê.

Bokkie Human, Altus se oumagrootjie het later self met Altus na die Verre Oos-Randse hospitaal gejaag waar dokters hom behandel en in die waaksaal opgeneem het. Vermoedelik sluit die slot by die swembadhek nie deeglik nie.

“Ek blameer niemand nie, dit was regtig net ‘n ongeluk,” het Chené bygevoeg. “Ek bedank almal wat ons bygestaan het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.