Swembril glo ‘n wapen

Een van die betogers maak van 'n swembril gebruik tydens vanjaar se massa-optog in Turkye

Een van die betogers maak van ‘n swembril gebruik tydens vanjaar se massa-optog in Turkye

ʼn Hof in Turkye het bevind dat ʼn swembril en ander beskermingstoerusting tydens vanjaar se massabetogings as “wapens” beskou kan word.

Plaaslike media het berig dat die betogers hulself, tydens die optogte in Junie, met tuisgemaakte toerusting soos maskers van plastiekbottels, motorfietsvalhelms en swembrille beskerm het teen die traangas wat die polisie gebruik het.

Die hof in Istanbul het Donderdag bevind dat dié items as wapens geklassifiseer kan word in ʼn saak teen 23 mense wat by die betoging aangesluit het. Inwoners het betoog teen die regering se planne om konstruksiewerk te doen by Gezi-park in Istanbul. “Hulle is nie na Gezi-park om te swem nie, daar is geen swembad nie,” het die regter glo gesê.

Nagenoeg 2.5 miljoen mense het aan die drie weke lange optog deelgeneem. Ses mense is dood en 8 000 mense is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.