Swemdrag vir Moslemvroue – die boerkini

Foto: ANP

Moslems is erg verdeeld oor swemdrag vir Moslemvroue wat soos soetkoek verkoop, wat die bynaam boerkini gekry het.

Terwyl sommiges die boerkini, wat steeds die bene en arms bedek, nog as onnodig preuts beskou, is ander effens beswaard oor die vrou se liggaamsvorm nog beklemtoon word as sy druipnat uit die water kom.

Ander is doodgewoon boos en beskou dit as iets wat die weste inspan om die Moslems van hul voorskrifte te laat afwyk.

“Wat is volgende?” wou een boos weet: “Halaalvarkvleis? Of Halaalwhisky? Of sommer Islamitiese dronkenskap?”

Bron: http://www.trouw.nl/tr/nl/5091/Religie/article/detail/3280950/2012/07/03/Hoe-islamitisch-is-zo-n-boerkini-eigenlijk.dhtml

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.