Die bekende boer-evangelis, Angus Buchan, het die publiek gewaarsku oor swendelaars wat geld insamel deur valse Facebook- en Twitter-rekeninge wat in sy naam oopgemaak is.
Beeld het Saterdag berig Buchan het op die rekeninge afgekom waar die gebruikers versoeke uitstuur om donasies te bekom. Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om dit nie te ondersteun nie en om die boodskap te versprei dat dié rekeninge nie syne of dié van Shalom Bedieninge is nie. Hy het ook gesê Shalom Bedieninge sal nooit op so ʼn manier vir donasies vra nie.
– Sapa