Swendelaars steel bejaardes se toelaes

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 30 bejaardes is in Pretoria van hul welsynstoelaag beroof deur mense wat hulself as beamptes van Sassa voorgedoen het.

“Die swendelaars het mense ouer as 70 geteiken in gebiede soos Temba, Stinkwater, Eersterust, Soshanguve en Ga-Rankuwa,” het Steve Mabona, woordvoerder van Sassa, gesê. “Die ‘beamptes’ het die bejaardes besoek onder die voorwendsel dat ‘n peiling gedoen word.”

Die oues moes glo ‘n identiteitsdokument, Sassa-kaart en hul pinkode verskaf. “Die swendelaars het dan gesteelde onaktiewe kaarte aan die niksvermoedende bejaardes teruggegee.”

Die grootste gedeelte van die geld is op 1 Oktober in Pretoria se middestad onttrek. Die bejaardes het eers besef hulle is beroof nadat hulle by Sassa-beamptes wou weet waarom hulle kaarte nie wou werk nie.

Mabona doen ‘n beroep op begunstigdes om nie hul identiteitsnommers, kaarte of pinkodes aan enigiemand te verskaf nie. “Selfs ons beamptes mag nie die pinkode versoek nie.” Slagoffers word versoek om vir nuwe kaarte aansoek te doen en die saak by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dalene ·

My ma kry nou weer die volgende sms’e:
+2783921007543450
Congrats 0830000000, U are THE WINNER! Claim Your R1,200 Voucher Reward Today, send LUX to 43450 mvou.net/subscription@r7/day/optout?txtstop
EN
Ur Number 0830000000 has been picked to receive a R750 Mob Voucher in August. Claim ur Reward, send LUX to 44989 mvoucher/subscription@r7/day/optout?txtstop

Ek is seker baie goedgelowige mense gaan nou weer geld verloor!

Jasper ·

Ek kan my voorstel die blydskap as jy werklik n groot prys gewen of ekstra bonus ontvang het waarvoor jy gewerk het.
Maar ek kan my nog nie indink hoe so n gewetenlose mens enige genot kan ondervind met sy “meevallertjie” nie.

Alida Engelbrecht ·

Ek het onlangs agter n man gestaan in die ry by n kitsbank. Hy was lank besig en ek kyk toe hoekom hy nie kan klaarkry nie. Ek sien toe dat hy verskillende Sassa kaarte het, en een na die ander gebruik om geld te trek. Ek wonder of hy ook van die geldskieters is wat die mense se kaarte en pin nommers vra as hulle geld leen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.