Swerm bye val skoolleerders in Oos-Kaap aan

ʼn 14-jarige seun is dood nadat hy Donderdagmiddag tydens ʼn skooluitstappie in Queenstown deur bye gesteek is, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê die graad 8 klas was op ʼn uitstappie in ʼn park toe een van die seuns glo ʼn byekorf versteur het. Die swerm het die groep van 180 seuns en onderwysers aangeval en 12 mense gesteek. “Die seun was hoogs allergies vir bye… hy is op die toneel dood.” Die groep is na die Queenstown Privaathospitaal geneem en het behandeling vir die bysteke en ontwatering ontvang. Vyf-en-negentig lede van die groep het reeds behandeling ontvang en is omstreeks 17:00 uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.