Swerms wit skoenlappers sak op JHB toe

Foto: @joburgsister/Twitter

Foto: @joburgsister/Twitter

Swerms wit skoenlappers het op Johannesburg toegesak as deel van hul jaarlike migrasie van Suid-Afrika se Weskus na Madagaskar.

Earle Whiteley, ʼn kenner oor skoenlappers en direkteur van Butterflies in SA, sê die skouspel is ʼn jaarlikse geleentheid maar dat die grasveldwitjies (Belenois aurota) nie altyd dieselfde roete volg nie. “Hulle broei langs die hele kus van Kaapstad tot Namibië uit en migreer dan binnelands in ʼn noord-oostelike rigting.” Whiteley sê die skoenlappers vlieg dan in Mosambiek se rigting voor hulle die see na Madagaskar oorsteek. “Soos hulle verder noord beweeg gaan sommiges dood terwyl nuwes by hulle aansluit. Uiteindelik is daar ʼn reuse wolk skoenlappers tot ʼn kilometer in die lug.” Whiteley sê die migrasie is afhanklik van weersomstandighede maar vind gewoonlik tussen laat November en middel Februarie plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.