“Sy kan vrot in die tronk”

Dina Rodrigues Foto: Ambrose Peters, Sowetan Live

Die familie van wyle baba Jordan Leigh Norton het die “erkentenis” van Dina Rodrigues veroordeel, het die Sunday Tribune berig.

“Sy kan in die tronk vrot vir al wat ek omgee,” het Vernon Norton, die oupa van die vermoorde baba aan die koerant gesê. “Ons leef daagliks met die realiteit dat ‘n splinternuwe lewe deur ‘n selfsugtige vrou geneem is vir haar eie selfbevrediging.”

Rodrigues se verklaring is by die hoogste hof van appèl ingedien ná sy misluk het in haar aansoek om spesiale verlof tot appèl na sy lewenslange tronkstraf opgelê is. Haar aansoek is verlede maand van die hand gewys.

In haar jongste verklaring voer Rodrigues aan sy het “in onvolwassenheid” besluit dat die baba, wat sy saam met haar vriend Neil Wilson uit ‘n vorige verhouding gehad het, haar in ‘n lewe van “onophoudelike emosionele onstuimigheid en ongelukkigheid” sou dompel. “Nou dat ek terugkyk, met meer wysheid en ervaring, besef ek dat ek net die ongesofistikeerde emosies van ‘n onvolwasse en onervare vrou beleef het. Ek was ‘n volwassene in my liggaam, maar nie in my verstand nie,” het Rodrigues verklaar.

Rodrigues het medepligtiges R10 000 betaal om die baba se ouerhuis op 15 Junie 2005 te betree deur middel van ‘n vals afleweringsdiens. Die baba is toe in die nek gesteek en met ‘n kussing versmoor. Jordan was ses maande oud en het by haar ma, Natasha Norton, en pa, Neil Wilson, gebly.

Jordan Leigh Norton

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maeirtjie ·

Hoop sy bly waar sy is. Sy verdien nie om uit te kom nie….

mel ·

“sy saam met haar vriend Neil Wilson uit ‘n vorige verhouding gehad het, haar in ‘n lewe van “onophoudelike emosionele onstuimigheid en ongelukkigheid” sou dompel. “Nou dat ek terugkyk, met meer wysheid en ervaring, besef ek dat ek net die ongesofistikeerde emosies van ‘n onvolwa”

Sy het nie die baba gehad nie? Natasha was die ma?

leana ·

Hulle het beslis verkeerd geskryf Mel. Die baba was Natasha s’n.

Hoop Dina Rodriques sien nooit ooit weer die buitekant van ‘n tronk nie!

HELENA SEABORNE ·

haai ja shame en ek is vader krismis se liefdeskind. laat sy vrot.

Ivor ·

I wonder where is emotional queen? … Sorry, a man is not involved …

M.Grobler ·

Die ding is siek verby, moet verwyder word uit die samelewing, hoop sy kry alle hel in die tronk.

amy ·

Sy mag NOOIT OOIT WEER die buitenkant van ‘n tronk sien nie. En al het sy berou (wat ek betwyfel) maar sy steeds nie vrygelaat word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.