Sy kry nuwe vel soos Pippie

Maseko voor haar oorplanting. Foto: @OZHealthcare/Twitter

Die vyfjarige Celiwe Maseko van Kagiso naby Krugersdorp het gisteraand ʼn veloorplanting met gekloonde vel gekry by die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg.

Maseko het derdegraadse brandwonde oor 35% van haar lyf. Sy het die brandwonde op haar rug, maag en bobene op 4 Januarie opgedoen nadat ʼn maaitjie per ongeluk haar rokkie wat sy aangehad het aan die brand gesteek het. TimesLive berig dit is slegs die tweede keer dat die oorplanting in Afrika gedoen word en die eerste keer wat dit op ʼn persoon met ʼn donker vel gedoen is. Dr Ridwan Mia het verlede jaar die eerste keer so oorplanting gedoen op Pippie Kruger. Sy het ernstige brandwonde aan meer as 80% van haar lyf opgedoen en ondergaan steeds omvattende rehabilitasie en terapie. Maseko se gekloonde vel kom van ʼn laboratorium in Boston, Massachusetts. Dit is daar gekweek en toe na Suid-Afrika gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.