Tafelberg amptelik as wêreldwonder aangewys

Tafelberg is nou amptelik aangewys as een van die wêreld se sewe natuurlike wonders. Sapa berig Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester, het dit vandag bekendgemaak.

Sy het dit as ʼn groot eer beskou en gesê die stad is reeds besig om planne te maak vir die inweidingsfeesvieringe later vanjaar.
“Tafelberg is ʼn geskiedkundige wonder, wat geologie en biodiversiteit aanbetref. Daar is selfs ʼn sterrekonstellasie na dit vernoem,” het sy gesê.
“Die wonder het deel van skole se kurrikulums geword en dit is ʼn ‘moet sien’ vir vele toeriste.”
Die berg was verlede jaar voorlopig as ʼn wonder benoem na dit die Sweedse organisasie, New7Wonders, se wêreldwye meningspeiling gewen het. Miljoene stemme was vir 28 finaliste oor ʼn tydperk van drie jaar gemaak. Al dié stemme moes eers geverifieer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.