Tafelberg een van die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur

Tafelberg is Sondagoggend by ‘n seremonie aan die voet van die berg as een van die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur ingelyf.

Patricia de Lille, burgemeester, het almal bedank wat in 2011 vir Tafelberg gestem het. “Om as een van die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur aangewys te word, hou geweldige direkte ekonomiese en sosio-ekonomiese voordele vir Kaapstad en Suid-Afrika in,” het De Lille by die seremonie gesê.

Bernard Weber, stigter en president van die Nuwe Sewe Wonders-stigting, het gesê alle Suid-Afrikaners kan op dié prestasie trots wees. Hy beskryf die berg as ‘n “uitmuntende agtergrond vir Kaapstad”. Sabine Lehman, hoof uitvoerende beampte van Tafelberg se kabelkarretjie-maatskappy, het gesê die berg het in November meer besoekers as in enige ander maand die afgelope 10 jaar gehad.

Die Puerto Princesa-ondergrondse rivier, die Amasone, Komodo-eiland, Iguazu-valle, Halongbaai en Jeju-eiland is elk ook as een van die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.