Tafelberg gekies as wêreld natuurwonder

Tafelberg. Foto: Facebook

Tafelberg is as een van die wêreld se sewe natuurwonders gekies volgens ʼn internasionale peiling.

ʼn Woordvoerder van die ouditeursfirma Grant Thornton, Martin Jansen van Vuuren, sê Tafelberg het een van die sewe top plekke gehaal op die Switserse organisasie, New7Wonders, se peiling. Hy sê die resultate van die peiling word tans nagegaan en geverifieer en sal vroeg volgende jaar aangekondig word. Jansen van Vuuren sê die resultaat kan nog verander en die uitslag is dus nog nie finaal nie. Hy sê Suid-Afrika kan jaarliks meer as ʼn honderd duisend bykomende internasionale toeriste verwag indien Tafelberg een van die wêreld se sewe natuurwonders bly. Die Amasone-oerwoud in Suid-Amerika, Argeninië se Iguaza-watervalle, Suid-Korea se Jeju-eiland, Indonesië se Komodo, die Fillipyne se Puerto Princesa ondergrondse-rivier en Vietnam se Halong-baai het glo ook die lys gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.