Taksbaas gaan ondersoek word

Oupa Magashula. Foto: GCIS/SAPA

ʼn Afgetrede regter sal aangestel word om bewerings van onbehoorlike gedrag teen Oupa Magashula, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), te ondersoek het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag aangekondig.

“Ek het besluit om ʼn deeglike ondersoek na die saak van stapel te stuur,” het Gordhan in ʼn verklaring gesê. “Na konsultasies met die minister van justisie [Jeff Radebe] sal ek ʼn afgetrede regter aanstel om vas te stel of daar enige oortreding van die SAID se prosesse was en om raad te gee oor gepaste oplossings waar oortredings plaasgevind het. ” City Press het Sondag berig dat die koerant in besit is van ʼn bandopname van ʼn telefoongesprek waarin Magashula glo ʼn werk aanbied vir ʼn vennoot van ʼn veroordeelde dwelmhandelaar. “Die SAID het geen rede om die integriteit van die kommissaris se professionele of sy private lewe in twyfel te trek nie,” het Adrial Lackay, die SAID se woordvoerder, aan die Sondagkoerant gesê. Lackay het wel die bestaan van die opname waarin Magashula glo saam met die veroordeelde dwelmhandelaar Panganathan Marimuthu vir ʼn vrou ʼn werk aanbied by die SAID, bevestig. Lackay sê Marimuthu het Magashula glo by ʼn restaurant voorgekeer en hom gevra om met ʼn vriend van hom op die foon te praat. Hy sê Magashula het nie geweet die gesprek word opgeneem nie. Volgens City Press het Magashula aan die vrou gesê dat die SAID baie goed betaal. Hy het glo aan haar gesê aangesien sy 28 jaar oud is sy reeds ʼn miljoen rand moet verdien. Volgens Lackay is die vrou nooit by die SAID aangestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.