Taksman steeds op Malema se spoor

Julius Malema

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vir ʼn preserveringsbevel op die voormalige president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se bates aansoek gedoen.

Malema het tot 16 April tyd om op die aansoek, wat by die Pretoriase hooggeregshof ingediens is, te reageer.

Die Sunday Independent berig dié aansoek volg ná die SAID se onlangse veiling van Malema se bates by sy Florapark-eiendom. Daar word beweer dat vele van Malema se bates nie vir die veiling beskikbaar was nie. Sy bates is in Februarie vir R54 810 opgeveil. Lees meer hier.

Volgens Pieter Engelbrecht, ʼn ondersoekbeampte van die SAID, beskou hulle Malema se optrede om van sy bates te verwyder, as ʼn poging om sy bates van skuldeisers te versteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.