Talle beseer by Linkin Park-konsert

Foto: ER24

Minstens 20 mense is beseer nadat ʼn advertensieboord omgewaai het buite Kaapstad-stadion waar die groep Linkin Park Woensdagaand opgetree het.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van Kaapstad rampbestuur, sê die beseerdes is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Volgens berigte was die advertensiebord aan ʼn stellasie vasgemaak. Die stellasie is glo deur ‘n sterk wind omgewaai waarna dit op konsertgangers geval het terwyl hulle gewag het om toegang tot die stadion te kry. Bev Schafer, DA-raadslid in Kaapstad, het op Twitter gesê dat twee mense ernstig beseer is. Paramedici was tot laat op die toneel. Die konsert het voortgegaan ondanks die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.