Sowat 25 mense is Donderdagoggend beseer nadat ses voertuie op die M1-deurpad tussen die Booysens- en Xavierweg-afrit in ʼn kettingbotsing betrokke was.
Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die botsing het in die noordelike rigting van die deurpad plaasgevind. “Drie minibustaxi’s, twee voertuie en ʼn bakkie was in die botsing betrokke,” het Minnaar gesê. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.
“Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word. Die roekelose bestuurder wat die botsing veroorsaak het, sal vervolg word,” het Minnaar gesê.
Die ongeluk het hewige verkeersvertragings in die gebied veroorsaak.
Ek se sulke mense wat nie kan ry nie moet van die pad af verwyder word , hulle neem onskuldige mense se lewens en hul lisensies moet weggevat word, dis hoe ek voel ek hou nie van padvarke nie!!!!!