Talle beseer in taxi-ongeluk

Minstens 32 mense is Saterdag beseer nadat twee minibustaxi’s op die R511 in Centurion teen mekaar gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê sewe mense is ernstig beseer in die botsing. “Nog 25 mense het geringe beserings opgedoen. Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.” Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Ons hoef nie te vra wat die oorsaak van die ongleuk is nie, ons weet mos dit is roekeloosheid en nalatige bestuur. Het hulle weer resies gejaag of op sperstrepe verbygesteek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.