Talle beseer in twee taxi-ongelukke

Argieffoto

Talle mense is Maandagoggend beseer in twee afsonderlike minibustaxi-ongelukke in Gauteng.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die eerste ongeluk het in Robertville in Krugersdorp plaasgevind. “Na wat verneem word moes die taxi se bestuurder uitswaai om ʼn botsing met ʼn aankomende voertuig te vermy. Die taxi het omgeslaan en dertien mense het geringe na matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

Die tweede ongeluk het op die Soweto-snelweg naby die FNB-stadion plaasgevind.

“Die taxi se band het vermoedelik gebars, waarna die voertuig omgeslaan het. Die taxi het daarna aan die brand geslaan. Veertien insittendes het matige na kritieke beserings opgedoen. ʼn Vroulike passasier is met kritieke brandwonde na die hospitaal geneem. Die ander 13 pasiënte is vir matige beserings behandel en na nabygeleë hospitale geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.